Modern, Growing, Successful Province

Bekendstelling van die Rooibos Tee Projek

Insette deur die Premier van die Noordkaap, Mev. Hazel Jenkins, by die bekendstelling van die Rooibos Tee Projek in Nieuwoudtville gehou op Sondag, 8 Mei 2011

Program Direkteur
LUR van Lanbou, Plaaslike Ontwikkeling en Grondhervorming: Mnr Norman Shushu
LUR van Vervoer, Veiligheid en Skakeling: Mnr Patrick Mabilo
Burgermeesters en Munisipale Raadslede
Lede van die Gemeenskap
Lede van die Nieuwoudtville Rooibos Tee Boerdery Vereninging
Staatsamptenare
Dames en Here

In my kapasiteit as die Premier van hierdie pragskone Noordkaaplandse Provinsie, is dit vandag vir my ‘n groot eer en ‘n plesier om ieder en elk te verwelkom by hierdie belangrike geleentheid. ‘n Spesiale woord van verwelkoming veral aan ons Nasionale Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Mev Tina Joemat-Pettersson.

Dit is ietwat ironies dat ek vir Minister Joemat-Pettersson na haar tuis Provinsie moet vewelkom maar, soos protokol dikteer, is ek verplig om dit te doen. Ek hoop en vertrou dat Minister Joemat-Pettersson met my sal saamstem as ek sê dat sy ‘n produk van die Noordkaap is en ‘n gesoute aktivis, wie se politieke bewustheid gekoester is in die Noordkaap en verder verfyn is tydens haar studente dae in die Weskaap, en wat heeltemal gekristaliseer het met haar terugkeer na die Provinsie. Die hoogtepunt is egter bereik toe die Regerende Party haar ontplooi het as LUR vir Onderwys en daarna as Nasionale Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Welkom tuis Eerbare Minister!

Dames en Here, laat my asseblief toe om op hierdie stadium vir ‘n oomblik af te wyk van die Minister se bekendstelling sodat ek my opregte dank uit te spreek aan die Noordkaapse Department van Landbou, Plaaslike Ontwikkeling en Grondhervorming, onder die bekwame leierskap van LUR Norman Shushu, omdat hulle hierdie geleentheid moontlik gemaak het.

Die Nieuwoudtville Rooibos Tee Inisiatief is ‘n natuurlike ontwikkeling en, sover as wat my kennis strek, beoog dit om vier uit die vyf doelwitte van Grond en Landelike Hervorming aan te spreek en ook voorsiening te maak vir die opheffing van opkomende boere. Ek is seker dat ons meer hieroor sal hoor tydens die Minister se toespraak.

Ek wil ook met groot waardering erkenning gee aan die kritiese rol wat die Rooibos Tee Produseerders in die Nieuwoudtville- en Suid-Bokkeveld area van die Hantam Distrik gespeel het en dat hulle hulle volkome samewerking aan die Provinsiale Department van Landbou in hierdie innoverende inisiatief gegee het. Hierdie projek sal definitief die posisie van die histories benadeelde produseerders versterk omdat die meerderheid van hulle alreeds kwalifiseer om volwaardige kommersi?ele boere te word.

Dames en Here, wat meer bemoedigend is, is die feit dat 130 permanente werksgeleenthede deur hierdie projek geskep sal word; met die skepping van ‘n verdere 87 werksgeleenthede soos produksie vermeerder.

Dit is ongetwyfeld goeie nuus en ek kan amptelik sê dat Nieuwoudtville Rooibos nie met my en die Minister se keuse van tee is nie maar, ek glo stellig, almal s’n.

Ter afsluiting van my inleiding van Minister Joemat-Pettersson, wat my kollega is op die Nasionale Uitvoerende Raad van die Regerende Party sedert Desember 2007, wil ek haar indrukwekkende portefulje uitlig, wat as volg is:

• Diploma in Ho?r Onderwys verwerp aan die Universiteit van die Weskaap;
• Graad in Uitvoerende Bestuur in Onderwys van die Universiteit van Kaapstad;
• Lid van die Noordkaapse Streek Afvaardiging na die ANC Nasionale Onderwys en Kultuur Liggaam (1992-1993);
• Nasionale lid van SADOU vir die Noordkaap (1992);
• Lid van die Nasionale Menslike Onderwys Paneel (1992);
• Dosent aan die Engelse Fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat (1993-1994);
• Lid van die Demokratiese Universiteit Vaksbond;
• Waarnemende President van die Vakbond vir Engelse Onderwys op Universiteitsvlak in Suid Afrika;
• Lid van die ANC se Uitvoerende Raad in die Noordkaap;
• Lid van die Noordkaaplandse Wetgewer (1994);
• Lid van die Nasionale Uitvoerende Raad van die ANC se Vroue Vereniging (1998-2003);
• Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Kuns en Kultuur in die Noordkaap (1994-1999);
• Raadslid van die Helen Joseph Vroue Ontwikkelings Sentrum (1997-2001);
• Lid van die Sentrale Komittee van die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party (1998);
• Voorsitter van die ANC se Vroue Liga in die Noordkaap (1998);
• Voorsitter van die SAKP in die Noord Kaap (1998); en
• Tesourier van die ANC se Provinsiale Uitvoerende Kommittee van die Noordkaap Provinsie (2003).

Minister Joemat-Pettersson dien ook as die Voorsitter óf Trustee op verskeie Rade en Trusts.

Dames en Here, kan ons asseblief ‘n hartlike applous as verwelkoming gee aan Minister Joemat-Pettersson terwyl sy na vore kom om haar toespraak te lewer.

Minister die platform is u s’n.

Air Jordan 1 Low Emerald Rise/White-Black For Sale

Mail Us

Office of the Premier 
Private Bag X5016 
Kimberley 
8301

Leave a Comment