Modern, Growing, Successful Province

Sod - Turning of new Port Nolloth Community Health Centre

Speech by the Honorable Premier, Ms Hazel Jenkins, on the occasion of the Sod-Turning of the new Port Nolloth Community Health Centre(CHC). Port Nolloth, Namaqua District – Northern Cape, 05 May 2011: 09H00


Programme Director
Members of the Northern Cape Provincial Legislature
Members of the Executive Council
Chairperson and Members of the Provincial Portfolio Committee on Health
Honorable Executive Mayor of Namaqua District Municipality
Honorable Mayors of Municipalities
All Municipal Councillors
Esteemed guests
Senior Managers, District managers and Departmental officials from the Provincial Department of Health
All NGO’s and strategic partners
Representatives from all the different communities, religious and political institutions and structures
Esteemed Members of the media
Ladies and Gentlemen


Goeiemore aan almal. Vandag begin ons ‘n reis gevul met hoop en opgewondenheid. Ek is bevooreg om deel te wees van hierdie historiese gebeurtenis en die proses wat gemik is op die verbetering van die lewens van die mense van Port Nolloth en die Richtersveldt gebied as ‘n geheel.

As die ANC regering, is ons verbind tot die ontwikkeling van ons mense en ons land en ons is voordurend besig om die lewens van al ons mense te verbeter.Vandag vier ons nog ‘n mylpaal in die regering se dienslewerings mandaat en ons strewe om ‘n beter lewe te skep vir die mense van die Noord-Kaap.

Vandag begin die die konstruksie van ‘n nuwe Gemeenskap Gesondheid Sentrum vir die gemeenskap van Port Nolloth en omliggende areas. Bou van nuwe fasiliteite, voorsiening van personeel, toerusting, medisyne ens is alles deel van die verbetering van gesondheidsdienste in ons provinsie. Die regering is deurlopend besig om die kwaliteit van dienste wat voorsien word in fasiliteite te verbeter. Dit is in lyn met die visie van die Noord-Kaap Departement van Gesondheid naamlik: “Gesondheid diens uitmuntenheid vir almal”

Dames en Here, ons is vandag hier deur die drome wat die mense van Port Nolloth en die Richtersveldt vir die regering genoem het in die opbou na die April 2009 nasionale verkiesing. Health has been identified as a key priority area by the ANC led government for the next five years and we are committed to provide essential health services close to the people. As regering, het ons verder ‘n Tien Punt Plan opgestel wat ten doel het om alle gesondheidsektor uitdagings in ons land aan te spreek. Die nuwe Port Nolloth Gesondheid Sentrum resorteer direk onder Punt 6: Verbetering van infrastruktuur, van hierdie plan.

Gedurende die afgelope 17 jaar het die ANC regering baie gedoen om ‘n demokratiese, nie-seksistiese, nie-rassige Suid-Afrika te skep wat aan die behoeftes van al sy mense voldoen. “Batho pele – Mense eerste” is die fokus van die Noord-Kaap ANC geleide regering. Baie is al gedoen, maar daar is nog baie uitdagings wat aangespreek moet word.

In die regering se strewe om noodsaaklike gesondheidsdienste te voorsien, moet ons deurlopend verbind bly en die nodige leierskap voorsien om te verseker dat ons die doel van kwaliteit Primere Gesondheidsorg dienste voorsiening aan ons mense handhaaf.

Die bou van die nuwe gesondheid sentrum is nie net die verantwoordelikheid van die Departement van Gesondheid nie. Die implementering van gesondheids programme en projekte se sukses sal bepaal word deur goeie vennootskappe tussen die regering, gemeenskap en nie-regerings organisasies.

Die kontrakteur vir fase een(1) wat behels grond verskuiwings werke, omheining en dreinering stelsel sal hierdie maand(Mei 2011) begin en vir vyf(5) maande duur. Onmiddelik daarna sal die hoof kontrakteur met fase twee(2) begin wat die konstruksie van die hoofgebou behels en die fase sal vir 18 maande duur. Die totale koste vir die projek is R50M.
Een van die grootste voordele met die bou van die nuwe Gemeenskap Gesondheid Sentrum is ekonomies van aard in die sin dat die konstruksie van die nuwe sentrum sal nodige werksgeleentheded skep vir die inwoners van Port Nolloth. Hierdie sentrum is ‘n groot verbetering op die huidige fasileit vir die lewering van gesondheidsdienste. Die bestaande fasilitiet voldoen struktureel ook nie aan die dienste wat aangebied word vir ons mense nie.

Die nuwe sentrum sal die volgende gesondheidsdienste insluit Tande kliniek,Radiologie,TB, Kraam,Gesins beplanning. Die sentrum sal ook beskik oor ‘n lykshuis, apteek, personeel akkomodasie en ‘n ongevalle eenheid.

Dames en here, TB en MIV/VIGS is die grootse gesondheids uitdagings in ons provinsie. TB, tesame met MIV en VIGS is besig om teen ‘n kommerwekende tempo deur ons gemeenskappe te versprei. TB is geneesbaar. As jy nie jou TB mediaksie neem nie, kan die TB ontwikkel in meer enrstige tipe TB soos MDR en XDR.


The ANC regering se MIV Toetsing en Behandeling Veldtog (HCT) is a direct response aimed at increasing our efforts to address the scourge of HIV and AIDS in our province and our country. This campaign is undertaken under the banner: “I am responsible...We are responsible... South Africa is taking responsibility”. We encourage everyone to take personal and collective responsibility to stop the spread of new HIV infections, provide care and support to those living with HIV and to ensure access to treatment for all people in need.HIV, AIDS and TB does not discriminate.

We are all exposed to these diseases and it is the responsibility of us all to contribute in our fight against these diseases. We call upon each and every one of you to support, attend and be part of these government and community programmes and initiatives aimed at intensifying and strengthening our combined efforts in the fight against HIV and AIDS.
Know your status, get tested.

Ons verwelkom die bou van die nuwe sentrum en ons is vol selfvertroue dat die gemeenskap van Port Nolloth groot baat sal vind deur die gesondheidsdienste wat verskaf sal word in ‘n nuwe sentrum. Die sentrum behoort aan almal in Port Nolloth. Dit is die verantwoordelikheid van alle gemeenskapslede om dit te versorg en te beskerm teen vandalisme.

Dames en here, gemeenskapslede en leiers speel ‘n baie belangrike rol om te verseker dat die gesondheidsdienste op standaard is en dat enige gesondheid struikelblokke geadreseer en opgelos word.

Program direkteur, ons doen nou amptelik die sooispit en le van die eerste steen vir die bou van die nuwe Port Nolloth Gemeenskap Gesondheid Sentrum en ek hoop na voltooing, sal die gemeenskap die fasilitieit met respek en waardering behandel, vandag, more en in die toekoms.

Ons bedank alle orgainseerders vir hul bydrae.

Deur saam te werk, kan ons meer doen!

Baie Dankie!

Air Jordan 1

Mail Us

Office of the Premier 
Private Bag X5016 
Kimberley 
8301

Leave a Comment