Modern, Growing, Successful Province

Toespraak van die Premier, Me. Sylvia Lucas by die Vryheidsdagvieringe te Carnarvon

Freedom DayProgram Direkteur
Agbare Burgermeester en Raadslede
Dames en Here
Gemeenskap van Kareeberg Munisipalitiet

Dit is vandag vir my n besonderse voorreg om saam met hierdie gemeenskap Vryheidsdag te vier op hierdie geskiedkundige dag. Hierdie is vir my die dag in ons demokratiese regering wat die grootste betekenis dra omdat dit gelei het tot die vry, nie rassige, nie seksistiese demokrasie wat ons vandag het.

Vryheidsdag vieringe kan dus geen eenvoudige viering wees nie omdat dit so ‘n spesiale betekenis in ons Suid Afrikaanse geskiedenis het. Hierdie is ‘n dag om ons eenheid te vier, ‘n reënboog nasie wat kon wegbreek van die wreedheid van Apartheid. Dit was die begin van ons hernuwing, die oomblik toe ons ‘n land skep wat eenheid sou simboliseer.

 

Die hoogtepunt natuurlik is dat ons ons hardverdiende reg om te stem in 1994 gekry het. Daardie swaar verdiende reg vir almal wat 18 en ouer is, maak nie saak wat hulle ras, geslag of sosiale agtergrond is nie, elke mens het die reg gekry om te stem en om as gelyke te tel word.


Vryheids Dag gee ons die geleentheid om erkening te gee aan al die helde en heldinne wat opofferings gemaak het vir al die Suid Afrikaners ongeag hulle ras om die voordele van ons demokrasie te geniet en saam as nasie te groei in vrede en harmonie.

Dames en Here

Met Vryheid kom groot verantwoordelikheid. Die onlangse geweld en aanvalle teen buitelanders is ‘n direkte bedreiging op ons demokratiese staat en ‘n nog groter dreigement op ons historiese prestasies. Wat ons nie besef is dat hierdie voorvalle direk teen ons Grondwet gaan.

Ons moet onthou jare gelede was ons ook vreemdelinge in ons eie land en dit was ons bure in Afrika wat ons ‘n veilige heenkome gegee het. As die ANC regering moet ons dus alles in ons mag doen om hierdie aanvalle op ons mede Afrikaners hok te slaan.

Ons sal nie bystaan en kyk hoe mense soos diere dood gemaak word en dit in die naam van ons wil ons land beskerm nie. Ek wil ook namens die Provinsiale Regering ons innige medelye uitspreek teenoor die families wat geliefdes verloor het in hierdie aanvalle en ook my hoop uitspreek dat diegene wat beseer is vinnig sal herstel.  Dit maak nie saak hoe kwaad en frustreerd ons raak, dit regverdig geensins die sinlose aanvalle op buitelanders en die plundering van hul besighede.


Dit stel ons net in ‘n slegte lig en gee ‘n baie negatiewe beeld aan die buiteland. Dit het ook die vermoê om die ideale en fondasie van ons demokrasie te skend. Suid Afrika het vroeêr jare ‘n stryd gestry teen kolonialsime en Apartheid en ons was bygestaan deur on Afrika broers en susters. Die eind doel was nie net ons vryheid nie, maar sodat alle mense op die Afrika kontinent met respek en menswaardigheid behandel moet word.

Today, South Africa enjoys a free country, which was attained through the contribution of a number of the African Countries. Our own late icon, President Oliver Tambo was accommodated for close to 30 years in Zambia and many other South Africans that lived in exile.

Fellow African countries, did not only host our people, they also contributed resources and some paid the ultimate price and lost their own citizens in the course of South Africa attaining democracy. South Africa will never be derailed from pursuing the Pan African vision as encapsulated in AU Agenda 2063, which was since pursued by our forefathers Kwame Nkruma, Azikiwe, Mualimu Julius Nyerere and Nelson Mandela.

Ons doen dus ‘n beroep op alle gemeenskappe, organisasies en individue om saam te staan teen hierdie aanvalle. Ons kan nie toelaat dat n paar individue ons land se beeld so vernietig nie. Geweld was nog nooit n oplossing vir probleme in enige samelewing nie, en sal ook nooit n oplossing in Suid Afrika wees nie. Ek wil terselfdetyd ook die mense van die Provinsie bedank vir hulle verantwoordelikeid en toewyding tot vrede. Saam kan ons die wonderlike reënbou nasie vorentoe vat.

Ladies and Gentleman,
The theme for this year’s Freedom Day is “Celebrating the Beginning of the Third Decade of our Freedom through Accelerating Radical Economic Transformation. Hierdie tema wil ‘n beroep doen op alle Suid Afrikaners om die geleentheid aan te gryp en genot te put uit die vrugte van demokrasie. Baie is alreeds gedoen om ons lewens te verbeter en ons erken dat baie nog moet en sal gedoen word, maar dit is belangrik dat ons erkenning gee aan hoe ver ons gevorder het as ‘n land.

Hierdie jaar val Vryheidsdag in die maand wanneer ons die sestigste herdenking van die geboorte van die Vryheids Manifes sal vier. Die waardes bevat in die Vryheids Manifes is vandag net so relevant soos sestig jaar gelede. Vandag meer as ooit moet ons strewe na ‘n verenigde, nie rassige en gelyke demokratiese gemeenskap.

Compatriots,


In the past 21 years our country has experienced a stable democracy, entrenchment of freedom, a growing economy and steady progress in bringing a better life for all our people.

Suid Afrika is vandag ‘n beter plek as wat dit in 1994 was.

Met hierdie Vryheids maand vieringe word ons herinner aand die vordering wat ons gemaak het sedert 1994.  Ons gee erkenning aan die feit dat Suid-Afrika 'n veel beter samelewing is as wat dit was voor 1994. Die ekonomie wat ons van die apartheids regering geërf het, was basies bankrot, die aanbreek van ons demokrasie het 'n verandering in voorspoed vir ons ekonomie gebring. Ons ekonomie is nou 'n meer inklusief en toon steeds bestendige groei. Ons moet trots wees op die vordering wat ons in die afgelope 21 jaar gemaak het.

Ons het uit die as van apartheid opgestaan en staan vandag trots op die wêreld verhoog, ons stemme en teenwoordigheid dra ook die nodige gesag by instellings soos die Verenigde Nasies en die Afrika Unie. Ons het nie toegelaat dat ons verdeelde verlede ons toekoms vorm nie. Saam het ons 'n nuwe samelewing gebou wat gebasseer is op die waardes van 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika.

Ons oë bly gerig op ons mikpunt om 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te bou. Ons bou op die stewige fondamente wat ons sover gebou het en ons vernaamste uitdaging is om armoede uit te wis en ongelykheid te verminder Ons moet ook meer doen om te seker te maak dat meer mense voordeel trek uit die vrugte van ons demokrasie sodat hulle lewens vir die beter.

Ons het hierdie afgelope naweek in die ANC ons Provincial General Council gehou en dit het ons weereens ‘n geleentheid gebied om koppe bymekaar te sit en te bepaal watter kollektiewe optrede nodig is om die land vorentoe te neem om sodoende 'n voorspoedige samelewing te bou wat veral fokus op die armes en die werkersklas.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan, ons lang termyn padkaart  vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping, sal dit moontlik maak vir ons om te strewe om 'n samelewing te bou soos die Grondwet en die Vryheidsmanifes voorskryf. Ons is juis besig om die beplannings afdeling in die Premiers kantoor te versterk om werk te maak van hierdie Ontwikkelings plan.

Elkeen van ons het ‘n rol om te speel om seker te maak dat ons Vryheid en demokrasie bewaar word. Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om voort te bou aan 'n sterk welvarende nasie. Die rol van gewone Suid-Afrikaners in hul stryd teen apartheid moet nooit vergeet word nie en ons moet elke dag hul nalatenskap en bydrae vier.

Ons het ‘n hoë prys vir ons vryheid en demokrasie betaal en daarom moet ons nooit die slagoffers en vryheidsvegters vergeet nie. Ons plig is om 'n nuwe nalatenskap gebaseer op die beginsels van gelykheid, demokrasie en menseregte te bou.

Saam moet ons  ons diversiteit  en unieke erfenis vier.

Dames en Here

Die Grondwet stel dit baie duidelik dat "Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid " .

As Suid-Afrikaners moet ons verenig bly in ons ondersteuning vir die Grondwet, veral die waardes wat dit daar stel vir ons en die demokratiese instellings wat daar gestig is.

Vryheids dag is nie net n dag vir lede van die regerende party, die ANC nie, dit is die dag waar alle landsburgers vrygemaak was van onderdrukking en wat deur alle Suid Afrikaners herdenk moet word.

Wat beteken Vryheid in ons alledaagse lewe? Vryheid is die keuses wat ons elke dag maak. Dit is die verantwoordelikheid wat ons aan die dag lê wanneer ons ons keuses beofen.

Om vry te wees is veel meer as net om te beweeg sonder vrees, om te praat sonder vrees en om te assosieer met wie ons wil. Nee, Vryheid is om te respekteer, om te aanvaar em onvoorwaardelik te deel, om te beskerm, om gevoel teenoor ons medemens te betoon ongeag van taal, kleur, geloofsoortuigings of herkoms.

So op hierdie historiese herdenking laat ons onthou wat dit werklik is om vry te wees. Laat ons op hierdie dag ons weereens verbind tot konsiliasie en nasiebou. Laat ons op hierdie dag weer die gees van Ubuntu herlewe en toepas in ons lewe. Laat ons vry wees en laat ons ander se Vryheid en waardigheid en menswees respekteer en vier.

Laat ons vry wees en saam Suid Afrika vorentoe vat!!!!!!!!!!!!!  

Dankie

 

Mail Us

Office of the Premier 
Private Bag X5016 
Kimberley 
8301

Leave a Comment