Toespraak van die Premier, Me. Sylvia Lucas by die Vryheidsdagvieringe te Hopetown, 27 April 2016
Program Direkteur
Agbare Lede van die Uitvoerende Komittee
Agbare Burgermeester en Raadslede
Dames en Here
Gemeenskap van Thembelihle Munisipalitiet
Good Morning , Goeie More , Dumelang , Molweni
Vandag betree ons weer met oorgawe nog n viering van wat sonder twyfel die grootste en belangrikste dag in ons demokratiese geskiedenis is. Vryheid, freedom of net soos ons dit sê het n heel ander betekenis vir ons as in die ware sin van die woord. Dit is die dag toe ons ons bestaansreg en ons menswees uiteindelik bekom het.
Vryheidsdag vieringe kan dus geen eenvoudige viering wees nie omdat dit so ‘n spesiale betekenis in ons Suid Afrikaanse geskiedenis het. Hierdie is ‘n dag om ons eenheid te vier, ‘n reënboog nasie wat kon wegbreek van die wreedheid van Apartheid. Dit was die begin van ons hernuwing, die oomblik toe ons ‘n land skep wat eenheid sou simboliseer.
Die hoogtepunt natuurlik is dat ons ons hardverdiende reg om te stem in 1994 gekry het. Daardie swaar verdiende reg wat dit moontlik maak dat almal van 18 en ouer; maak nie saak wat hulle ras, geslag of sosiale agtergrond is nie, elke mens het daardie reg gekry om te stem en om as gelyke te tel word.
Vandag veral dink ons aan ons ontslape held en heldinne wat die hoogste prys betaal het om die vryhede wat ons het en ook soms misbruik, te verseker. Hierdie dag word opgedra aan elke man vrou en kind wat opofferinge gemaak het en deur die grootste moontlike swaarkry gegaan het vir nie net die liefde van hul mense nie, maar ook omdat hulle lief was vir die land van hul geboorte.
Vanjaar se vieringe val saam met die 20ste herdenking van die ondertekening van ons geskiedkundige Grondwet. en die 60ste herdenking van die 1956 Vroue-optog na die Uniegebou . Hierdie Grondwet van ons het die grondslag gelê vir 'n demokratiese en vrye samelewing waarin die Regering gegrondves is op die wil van die mense.
Dit wil sê ons lewe in ‘n land waar ons almal vry is en niemand se regte kan hoër as ‘n ander gestel word nie. Die rol van gewone Suid-Afrikaners in hul stryd teen apartheid moet nooit vergeet word nie, laat ons as hierdie geslag hul nalatenskap vier. Daarom is dit ons taak om jaloers te waak teen die winste van demokrasie en om voortbou op die vrugte van ons vryheid. Mense sê dikwels dat as ANC-Regering is ons vasgevang in geskiedenis, maar dit is belangrik da tons hierdie geskiedenis telke male herhaal veral al ons kinders en jeug, want dit is juis hierdie geskiedenis en hierdie opoffering wat dit nou moontlik maak vir mense om selfs al is hulle reg of verkeerd hul gevoel openlik teen hierdie Regering kan uiter.
Ladies and Gentleman,
The theme for this year for Freedom Month is; “Together building better communities – Local Government is everybody’s business.”
Hierdie tema wil ‘n beroep maak op alle Suid Afrikaners om die geleentheid aan te gryp en genot te put uit die vrugte van demokrasie. Baie is alreeds gedoen om ons lewens te verbeter en ons erken dat baie nog moet en sal gedoen, maar dit is belngrik dat ons erkenning gee aan hoe ver ons gevorder het as ‘n land.
Dames en Here
Onder hierdie ANC-Regering is Suid Afrika vandag ‘n veel beter plek as wat dit in 1994 was. Met hierdie Vryheids maand vieringe word ons herinner aand die vordering wat ons gemaak het sedert 1994. Ons gee erkenning aan die feit dat Suid-Afrika 'n veel beter samelewing as wat dit was voor 1994. Die ekonomie wat ons van die apartheidsregering geërf het, was basies bankrot, die aanbreek van ons demokrasie het 'n verandering in voorspoed vir ons ekonomie beteken. Ons ekonomie is nou meer inklusief en toon steeds bestendige groei. Ons moet almal trots wees op die vordering wat ons in die afgelope 22 jaar gemaak het.
Dames en Here, ek wil ook vra dat ons moet ernstig besin oor wat hierdie vryheid vir ons beteken en ook ten watter prys ons dir bekom het. Ons het in ‘n redelike kort tyd gebou aan nie net ons demokrasie nie, maar ook aan ons land en die welstand van ons mense. Ons het vermag wat nog nèrens in die wèreld vermag is nie. Ons het dienste gelewer wat nog nèrens op ons vasteland ge ewenaar kon word nie. Ons het dit gedoen deur saam te werk en saam te bou. As ons verSkille het, laat ons dit vreedsaam oplos. Moet asseblief nie afbreek en afbrand wat aan U behoort nie. Ons kon nog altyd ons verskille op n vreedsame manier oplos en my versoek is dat ons praat en saamwerk en nie afbreek en afbrand. Saam sal ons verandering en voorspoed bring.
Ons het uit die as van apartheid opgestaan en staan vandag trots op die wêreld verhoog, ons stem en teenwoordigheid dra ook die nodige gesag by instellings soos die Verenigde Nasies en die Afrika Unie. Ons het nie toegelaat dat ons verdeelde verlede ons toekoms vorm nie. Saam het ons 'n nuwe samelewing gebou wat basseer is op die waardes van 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika gebou is.
Ons oë bly gerig op ons mikpunt om 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te bou. Ons bou op die stewige fondamente wat ons sover gebou het en ons vernaamste uitdaging is om armoede uit te wis en ongelykheid te verminder. Ons moet ook meer doen om te seker te maak dat meer mense voordeel trek uit die vrugte van ons demokrasie sodat hulle lewens vir die beter.
Hierdie Regering het ‘n plan en hierdie ANC Regering is die enigste een wat ‘n visie en ‘n oortuiging het om die lewens van ons mense te verbeter. Die Nasionale Ontwikkelingsplan ons lang termyn padkaart vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping sal dit moontlik maak vir ons om te strewe om 'n samelewing te bou soos die Grondwet en die Vryheidsmanifes voorskryf. Elkeen van ons het ‘n rol om te speel om seker te maak dat ons Vryheid en demokrasie bewaar word. Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om voort te bou 'n sterk welvarende nasie.
Dames en Here
Ter afsluiting wil ek ieder een net weer herhinder da ons het ‘n hoë prys vir ons vryheid en demokrasie betaal en daarom moet ons nooit die slagoffers en vryheidsvegters vergeet nie. Ons plig is om 'n nuwe nalatenskap gebaseer op die beginsels van gelykheid, demokrasie en menseregte te bou.
En ek wil dit uitdruklik stel dat diegene wat hierdie vryheid en demokrasie bedreig gaan hulle rieme styf vasloop. Ons word openlik gedreig dat hierdie land en ons demokrasie vernietig sal word deur die loop van n geweer. Diegene wat so dapper is moet dan weet dat hierdie nasie vir te lank baklei het vir gelykheid en versoening.
Uitlatings soos hierdie stel ten toon nie net die onverantwoordelikheid en minagting waarmee dit gesè word nie, maar is ook n maatstaaf van die intelik en dwaasheid van die spreker. Ons sal hierdie demokrasie met ons lewe verdedig, maar ons sal dit op n verantwoordelike en respekvolle manier doen.
Dames en here, Hierdie jaar op die 3de Augustus sal ons almal as verantwoordelike burgers ons stem uitbring in die plaaslike verkiesings. Deur te stem en deel te neem aan ander forums binne die gemeenskap kan ons seker maak dat die plaaslike regering lewer op sy beloftes en word tot verantwoording geroep. As u sê u gee om vir die toekoms van hierdie land is dit belangrik om betrokke te wees en te stem. En dit is n belofte dat ons hierdie demokrasie by die stembus sal verdedig.
Dames en Here
Laat ons saam ons ons diversiteit en unieke erfenis vier. Laat dit ons elke dag by bly dat hierdie is die dag waar alle landsburgers vrygemaak was van onderdrukking en wat deur alle Suid Afrikaners herdenk moet word.
As ons saam werk kan ons armoede , rasse ongelykhede en sosio - ekonomiese ongelykhede uit te wis
Baie dankie