Modern, Growing, Successful Province

Opening of the new Madiba Clinic in Groot Mier

Speech by the Honorable MEC for Environment and Nature Conservation, Ms Sylvia Lucas on the occasion of the official Opening of the new MADIBA Clinic in Groot-Mier. Siyanda District – Northern Cape, 09 May 2011: 09H00

Programme Director
Members of the Northern Cape Provincial Legislature
Members of the Executive Council
Honorable Executive Mayor of Siyanda District Municipality
Honorable Mayor of Mier Municipality
All District and Municipal Councillors
Esteemed guests
Senior Managers, District managers and Departmental officials from the Provincial Department of Health and other government departments
All NGO’s and strategic partners
Representatives from all the different communities, religious and political institutions and structures
Esteemed Members of the media
Ladies and Gentlemen

Good morning and welcome to all present. Dames en Here, ons is vandag hier om ‘n historiese mylpaal in die lewe van die mense van Groot-Mier te verwesenlik. Vandag vier ons ‘n verbetering in die lewering van regerings dienste en spesifiek,gesondheidsdienste vir alle inwoners met die amptelike opening van die nuwe Madiba Kliniek hier op Groot-Mier.

Ek is bevooreg om deel te wees van hierdie historiese gebeurtenis en die proses wat gemik is op die verbetering van die lewens van die mense van Groot-Mier en die gemeenskap as ‘n geheel.

Today we are celebrating and realizing that the ANC led government is committed in delivering on it’s mandate to the people of South-Africa which is: To create a better life for all.

Dames en here, die opening van die nuwe kliniek moet gesien word as die regering se antwoord op die mense se roep gedurende die April 2009 nasionale verkiesing om gesondheidsdienste te verbeter wat daartoe gelei het dat die ANC Gesondheid identifiseer het as een van sy vyf(5) sleutel prioriteits areas vir die volgende vyf jaar. As regering, het ons verder ‘n Tien Punt Plan opgestel wat ten doel het om alle gesondheidsektor uitdagings in ons land aan te spreek. Die nuwe Madiba Kliniek resorteer direk onder Punt 6: Verbetering van Infrastruktuur, van hierdie plan.

Vandag se opening van die nuwe kliniek het ons gekombineer met die Ministeriele Gesondheids Veldtog. Ons moedig almal teenwoordig om gebruik te maak van die gratis gesondheidsdienste vandag hier beskikbaar wat insluit oog en tand klinieke, bloeddruk toetsing, suiker toetsing, TB toetsing, MIV Toetsing en Konsultasie, gesondheids studiebeurse, verspreiding van kondome en Mediese Manlike Besnydenis.

Program direkteur, as die ANC geleide regering, het ons al baie bereik in die verbetering van gesondheidsdienste aan ons mense,maar baie meer moet nog gedoen word in terme van die kwaliteit van dienste, om dienste meer toeganklik te maak en om beter gesondheid resultate te bereik.

Gedurende die afgelope 15 jaar het die ANC regering baie gedoen om ‘n demokratiese, nie-seksistiese, nie-rassige Suid-Afrika te skep wat aan die behoeftes van al sy mense voldoen. “Batho pele – Mense eerste”. Daar is nog baie uitdagings. Die ontwikkeling van landelike gebiede soos Groot-Mier en die uitwis van armoede tel onder die grootste hiervan.

Dames en here, die nuwe Madiba Kliniek, wat vandag hier geopen word teen ‘n koste van sewe punt vyf miljoen rand(R7.5M), moet gesien word as nog ‘n stap na koste-effektiewe en behoubare integrasie van gesondheidsdienste in hierdie gedeelte van ons provinsie. Die nuwe kliniek is binne loop afstand vir die inwoners en sluit akkomodasie geriewe in vir personeel om sodoende professionele gesondheidswerkers te lok en te behou in ons landelike gebiede om te verseker hulle het gerieflike behuising om uitstekende diens aan ons mense te lewer. Ander geriewe sluit in wag area, apteek, konsultasie vertrekke,kombuis en ‘n kantoor.

Ons verwelkom die die nuwe kliniek en ons is vol selfvertroue dat die gemeenskap van Groot-Mier groot baat sal vind deur die gesondheidsdienste wat verskaf sal word in ‘n nuwe gesondheid fasilitieit. Die sentrum behoort aan almal in Groot-Mier. Dit is die verantwoordelikheid van alle gemeenskapslede om dit te versorg en te beskerm teen vandalisme.

Dames en here, TB en MIV/VIGS is die grootse gesondheids uitdagings in ons provinsie. TB, tesame met MIV en VIGS is besig om teen ‘n kommerwekende tempo deur ons gemeenskappe te versprei. TB is geneesbaar. As jy nie jou TB mediaksie neem nie, kan die TB ontwikkel in meer enrstige tipe TB soos MDR en XDR.

The ANC regering se MIV Toetsing en Behandeling Veldtog (HCT) is a direct response aimed at increasing our efforts to address the scourge of HIV and AIDS in our province and our country. This campaign is undertaken under the banner: “I am responsible...We are responsible... South Africa is taking responsibility”. Ons moedig almal aan om persoonlike en gemeenskaplike verantwoordelikheid te neem om die verspreiding van nuwe MIV infeksies teen te veg, om ondersteuning te geen aan mense wat MIV positief is en om toegang tot behandeling vir almal in nood te verseker. MIV, VIGS en TB diskrimineer nie.

We are all exposed to these diseases and it is the responsibility of us all to contribute in our fight against these diseases. We call upon each and every one of you to support, attend and be part of these government and community programmes and initiatives aimed at intensifying and strengthening our combined efforts in the fight against HIV and AIDS.
Know your status, get tested.

Dames en here, gemeenskapslede en leiers speel ‘n baie belangrike rol om te verseker dat die gesondheidsdienste op standaard is en dat enige gesondheid struikelblokke geadreseer en opgelos word.

Verder, wil ek die belangrikheid van gemeenskaps betrokkenheid en deelname asook konsultasie beklemtoon. Die regering kan nie alles alleen vermag. Met u hulp en bydraes, kan die beplanning en bestuur van gesondheidsdienste in jul gemeenskap suksesvol wees.Ons moet betrokke raak in plaaslike strukture soos Kliniek Komitees rakende gesondheidsdienste en deur dit kan die gemeenskap bydra tot die monitoring van die Batho Pele beginsels en Pasient regte.

Die nuwe kliniek is vernoem na Nelson Mandela. Die gemeenskap van Groot-Mier het op die naam besluit uit waardering en dankbaarheid vir alles wat ons land se eerste demokratiese president vir alle Suid-Afrikaners gedoen het. Madiba het vryheid aan almal besorg sowel as gratis gesondheidsdienste vir bejaardes, kinder en minderbevooregtes.

Dames en here, dit is met groot blydskap en waardering dat ons as die ANC regering nou amptelik die nuwe Madiba Kliniek open hier op Groot-Mier en ek hoop en vertrou dat die dienste by die nuwe kliniek aan u behoeftes en verwagtinge sal voldoen.

“Deur saam te werk, kan ons meer doen!”

Dankie!
Thank you!
Enkosi!
Realeboga!

Mens Flynit Trainers

Mail Us

Office of the Premier 
Private Bag X5016 
Kimberley 
8301

Leave a Comment